
Projekte en Borge wat ons in 2025 aangepak het
2025 was ’n jaar gevul met groei, samewerking en trots! Ons het met verskeie projekte en borgskappe betrokke geraak wat nie net ons gemeenskap ondersteun het nie, maar ook plaaslike talent en besighede bevorder het. Elke projek was vir ons ’n geleentheid om ’n verskil te maak – van skole en kompetisies tot klein ondernemings en gemeenskapsinisiatiewe. Hier volg ‘n paar van ons projekte en borge van 2025.
Ocean Fish Vetkoek & Takeaway



Wat ’n groot voorreg was dit vir ons om Ocean Fish in Shelly Beach te borg met splinternuwe spyskaarte! Hierdie geliefde klein “vis-en-tjips”-winkeltjie is ’n ware juweel aan die Suidkus en staan bekend vir hul uitmuntende kos en vriendelike diens. Hul toewyding aan gehalte en varsheid is onlangs beloon met welverdiende toekennings – ’n bewys dat hulle werklik die beste vis-en-tjips op die Suidkus aanbied.
Eldon Potgieter

Dit is met groot trots en waardering dat ons die voorreg gehad het om Eldon Potgieter van Port Shepstone te borg vir sy deelname aan Meneer en Mejuffrou Suid-Natal. Eldon se toewyding, selfvertroue en passie is werklik inspirerend, en ons is dankbaar dat ons deel kon wees van hierdie gebeurtenis.
Christian Van Staden




Wat ’n eer was dit om die GAP Aanlyn-voertuig voor die hele skool te hê as die matriekafskeid-voertuig vir Christian van Staden en sy metgesel! ’n Spesiale oomblik wat styl, trots en herinneringe vir altyd saamgebring het.