Aanlyn Inskrywingsvorm 2026

GAP AANLYN (PTY) LTD
2024/860603/07
www.gapaanlyn.com
Naomi: 0622472432

Go back

U Inskrywingsvorm is gestuur

Amptelike Aansoekvorm vir 2026 akademiese jaar

Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning

LW. Een kontak nommer moet whatsapp kan gebruik waar alle inligting deurgestuur word.

Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning
Warning

Lees asb die volgende dokument deeglik deur.

Elke leerling vanaf Graad R tot 9 moet by die department van onderwys geregistreer word as ‘n tuisleerder. Ouderdom 5 tot 15 jaar. Vorms word vir u gegee op aanvraag of beskikbaar op ons webwerf. Hierdie inskrywing is voortaan die ouer se verantwoordelikheid, volgens wet.
Vanaf Januarie 2023 het ons met Caps leerplan begin. Dieselfde leerplan soos dit tans in die skole ook aangebied word. Geen ander leerplan sal gevolg word vir leerlinge nie.Leerlinge kan by Gr R begin en met dieselfde program gaan tot by Matriek of Gr 12.

Met matriek doen die kinders die jaar en daarna kry hulle ‘n inhuise serifikaat met die jaar gemiddeld op wat hulle aan hulle CV kan heg. Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie nie ‘n NSC (National Senior Certificate) is nie. Daar is verkskeie opsies om ‘n NSC of soortgelyke sertikikaat te bekom na hulle matriek jaar soos bv. grootmens matriek.
U kind moet ‘n selfoon, tablet, skootrekenaar of rekenaar hê waar vanaf hul kan werk. Die werk word gedoen deur middel van ‘n toepassing (App) en kan aflyn gebruik word maar moet so gereeld as moontlik gesinkroniseer word sodat ons toegang kan hê tot u kind se werk.
Verdere voordeel van die leerplan (CAPS) is dat dit presies dieselfde werk is as wat skole tans doen, dus kan kinders wat wil teruggaan skool toe maklik aanpas.

U sal voorsien word van elke dag se werk wat presies vir u wys watter werk u kind moet doen. Met eksamens moet ouers verstaan dat GEEN afbakenings gedoen word nie. Leerlinge skryf kwartaal 2 en 4 eksamens en kry opdragte vir kwartaal 1 en 3.
Daar sal na elke kwartaal ‘n vorderingsverslag/rapport gegee word.
Die verwagtinge van die departement is dieselfde as vir skole. Basies moet daar rekord gehou word van u kind se aan – en afwesigheid, daar moet ‘n weeklikse rooster wees en ‘n jaarbeplanning asook assessering / eksamens. Die kind se werk moet in ‘n portefeulje versamel wees wat minstens drie jaar bewaar moet word. Daar moet ook ‘n fisiese ruimte wees met genoeg lig en lug en fasiliteite waar u kind onderrig word. Aan die einde van grade 3, en 6 moet u kind weer gerigestreer word by die departement van onderwys vir die volgende fase.

Fooie:
Sodra u u kind of kinders inskryf dan is die volgende van toepassing:
Alle leerders moet ‘n skootrekenaar, foon, rekenaar of goeie tablet hê waarop die toepassing (App) gelaai word.
Lw. Die inskrywings fooi is vooruit betaalbaar saam met die Fooi vir eerste maand van inskrywing. Geen kinders sal toegelaat word om te begin met die werk as die inskrywing en eerste maand se fooi nie betaal is nie. Sperdatum 6de van elke maand vooruitbetaalbaar vir die maand wat kom.

Fooie beloop as volg:
Inskrywing vir Graad R – 12 = R500 per jaar
Fooi vir Graad R – 12 = R7200 per jaar eenmalig per leerling of afbetaalbaar oor 12 maande teen R600 per maand.

NB !
Fooie moet voor of op die 6de van elke maand ten volle vereffen word. Ons het ook verpligtinge. Neem dit asb in ag.
Fooie is vir 12 maande betaalbaar, begin Januarie tot Desember.
Indien Fooie nie betaal is nie, sal alle hulp gestaak word vanaf GAP. In so geval sal GAP ten volle onttrek by die leerling, die toepassing (App) werk op ‘n stelsel en word vir ons bestuur, wanneer u kind se betaling nie teen die 6de gemaak is nie gaan u kind se profiel outomaties geblokkeer word en kan dit nie aangeskakel word voor die fooie nie op datum gebring is nie.

Die sisteem moet eers u betaling optel en sodoende kan u kind se profiel weer geopen word. Ons is nie ‘n liefdadigheid nie en verwag dat ouers hul kant sal bring. Maak u kind se geletterdheid asb ‘n prioriteit, want as u nie betaal nie is dit u kind wat daaronder lei.
Indien u nie bogenoemde kan of wil nakom nie, dan stel ons voor dat u liefs u kind by gewone skool hou, of liefs nie van ons dienste gebruik maak nie.

Ons stel voor dat u as ouer ‘n aftrek order by u bank laat doen, ons wil nie elke maand vra vir ons fooie nie, u as ouer moet u kind se geleerdheid ‘n prioriteit maak en by die ooreenkoms hou asb, die fooie is alreeds die goedkoopste in SA en kan nie nog gesny word nie. Wanneer daar nie betaal word nie en GAP staak alle hulp moet u as ouer nie kwaad raak nie, ons het niks teen u as persoon nie en sodra fooie dan vereffen word sal ons u met liefde weer van ons dienste laat gebruik maak. Ons het ‘n ooreenkoms en ons kom ons deel na en verwag dat elke ouer dieselfde sal doen.

Neem in ag dat as u ‘n dstv of internet subskripsie het en u nie betaal nie gaan die instansie ook hul dienste stop, en gewoontlik is daar ‘n herkoneksie fooi wat ook moet betaal word voor u dan weer kan wifi of dstv gebruik. Ons vra geen herkoneksie fooi wanneer u kind se profiel geblokeer word nie, ons vra slegs dat u u kind se fooie op datum sal hou en as u kind se profiel geblokkeer is dat u asb die fooie op datum sal betaal.

Warning

Wat benodig my kind?
Elke leerling benodig ‘n skootrekenaar, rekenaar, selfoon of ‘n tablet.
Internet koneksie om u kind se werk te sinkroniseer met aflaai van toepassing (App), so gereeld as moontlik verkieslik een maal per week en na elke opdrag en eksamen kwartaal einde.
1 x leë skrif per vak vir opsommings om te leer vir opdragte en eksamens.

Hierdie dokument mag nie gekopeër word, of verander word of gebruik word vir ander instansies nie. Hierdie dokument is uitsluitlik opgestel vir die gebruik van GAP Aanlyn.
L.w. Die ouer is volgens wet die enigste persoon verantwoordelik vir sy / haar kind se ondderrig. U kan reël vir privaat persone om te help met moeilike vakke op u eie onkostes.
GAP neem geen verantwoordelikheid vir enige leerling wat nie vorder nie, leerlinge en ouers moet dit ernstig opvat en seker maak leerlinge doen hul werk en leer vir eksamens. GAP is nie verantwoordelik vir enige onreëlmatigheid wat plaasvind by verwerking van punte nie.
Neem kennis dat u Gap gebruik as hulpmiddel tot u kind se tuisonderrig en dat hierdie NIE ‘n skool is nie. Ons is ‘n kurrikulum verskaffer (hulpmiddel) vir tuisonderrig.

Vorderingsverslae / rapporte:

4 Kwartale:

Aan die einde van elke kwartaal sal daar opdragte / eksamen wees. Elke punt sal tel vir jaar eindpunt.

Vorderinsverslae sal na elke kwartaal uitgereik word.

L.w. GEEN toetse of eksamens sal met oop boek geskryf word nie. Kinders moet asb eksamens onder toesig van ‘n betroubare familie lid, ouer of ander instansie aflê. Ons heg baie waarde aan u eerlikheid.

Warning
Warning
Warning

* Indien u nie met enige van die bepalings in hierdie kontrak saamstem nie, verlaat asseblief hierdie bladsy en moenie die ‘submit’-knoppie druk nie.

Vakkeuses (SLEGS GRAAD 10 tot 12)
Kies Slegs EEN van die Wiskunde vakke en DRIE byvakke. K53 is slegs optioneel en sal as die 4de byvak gekies kan word.

Afrikaans (HT) en English (FAL) is verpligte vakke
Warning

Nodige Dokumente:

Stuur asb die volgende dokumente aan op WhatsApp na +27622472432:
1. Vader se ID dokument
2. Moeder se ID dokument
3. Leerling se ID / Geboorte Sertifikaat
4. Rapport vanaf vorige skool

Warning
Warning!

* Betaling is voor of op die 6de van elke maand betaalbaar vir die maand wat volg.

BANK BESONDERHEDE

FNB BUSINESS
GAP AANLYN PTY LTD
Rekening Nommer: 63133745761
Tak Kode: 250655
Verwysing: Naam, Van en Graad van kind (Bv: Piet Pot 5)

* Stuur asb na elke betaling vir ons die bewys van betaling deur op Whatsapp.